Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG NOVEMBER 2014

Goeiemore en welkom! Jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van 'n stil sleutel

Dit is met groot spyt en hartseer dat ons moet aankondig dat die sleutel van Ian Leonard, ZS6TUB, onlangs stil geword het. Ian het by KARTS in 2013 aangesluit en was deel van die tegniese span wat die klub se 60 m baken op die lug gekry het.

Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van Ian. Hy sal werklikwaar deur ons almal gemis word.

PAUSE ..........

In die nuus vandag

JEUG NET VANMIDDAG OM 15:00 OP DIE LUG

AMA DXPEDISIE IN ZIMBABWE

5 MHZ VOORTPLANTINGSVOORSPELLING NAVORSINGSPROJEK LEWER ONVERWAGSE RESULTATE

en

PEARS EN SARL KOMPETISIES OOR DIE VOLGENDE TWEE NAWEKE

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander nuus

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net sal vanmiddag om 15:00 sentraal Afrika tyd op die lug wees op 7 070 kHz. Karel Bezuidenhout, ZR6K, sal die net gasheer wees. Daar is 'n gelukkige trekking vir 'n geskenk vir alle radio amateurs en hul vriende onder 25 jaar oud wat deelneem aan die net en wie in die log verskyn.

** Chris, PA2CHR, Lins, PA3CMC, John, ZS6JON, en Paul, ZS6NK, is aktief as Z21CHR, Z21CMC, Z21EME en Z21NK, onderskeidelik vanaf 1 tot 8 November op 'n AMA DXpedisie. Hulle is aktief op 6 en 2 meter, asook 70- en 23 cm. QSL via PA3CMC

** Die jaarlikse Herdenkingsdagdiens sal volgende Sondag teen ongeveer 10:45 sentraal Afrika tyd uitgesaai word as deel van Amateur Radio Today. Alle radio amateur word versoek om radiostilte na te kom tydens die diens, wat Suid-Afrikaners onthou wat in diens van hul land gesterf het. Klubs word versoek om die diens op plaaslike herhalers uit te saai. Die klank lêer sal vanaf volgende Saterdag beskikbaar wees.

** Daar sal eersdaags een-en-negentig nuwe amateurs op die lug wees. Een honderd kandidate het die eksamen geskryf waarvan 91 geslaag het. Hulle behoort op die lug te wees as gevolg van 'n ooreenkoms tussen OKOSA en die Suid-Afrikaanse Radioliga wat kandidate wie die RAE geslaag het en wie se roepsein op die Suid-Afrikaanse Radioliga lys van suksesvolle kandidate verskyn op die Suid-Afrikaanse Radioliga web toelaat om onmiddellik op die lug te gaan sonder om te wag vir die gedrukte lisensie. Baie geluk!

As jy nie suksesvol was hierdie keer nie, stel ons voordat jy weer in Mei 2015 probeer. Die hoogste slaagpersentasie was 98% en hierdie persoon verkry 100% vir die regulasies. As jy geslaag het, maar jou roepsein is nie op die lys is nie, is daar nog uitstaande dokumentasie. Stuur asseblief alle uitstaande dokumentasie aan die Suid-Afrikaanse Radioliga RAE bestuurder, Gideon Jannasch by rae@sarl.org.za om enige vertraging in die proses van lisensiëring te voorkom.

** Die 5 MHz voortplantingsvoorspelling navorsingsprojek lewer onverwagse resultate. Een van die mees interessante bevindings is die teenstrydigheid in die resultate van die naby-vertikale-insidensie lug golf voortplanting (NVIS). In 'n vergelyking van 'n kommunikasie-pad tussen twee amateur-stasies, ZS6KN en ZS6KTS ('n afstand van 51 km), is dit interessant om daarop te let dat in Junie 2014 was daar 'n goeie kommunikasie pad van net na 05:00 tot ongeveer 16:30 waarna die seine verdwyn het. Die patroon vir Julie was dieselfde, maar seine is aansienlik sterker as gedurende Augustus en September.

Gedurende September, kan 'n sterk daling in die sein sterkte gesien word. Die ander interessante waarneming van die grafiek is dat voortplanting vroeër "open" en sluit later soos ons in die somer in gaan, wat dui op verskille in die ionisasie van die D-laag van die ionosfeer as die son vroeër opkom en later sak. Nie genoeg data is ingesamel om enige betekenisvolle gevolgtrekkings te maak nie. As die pad 'n suiwer grond golf was, sou die seine min of meer konstant deur die dag en nag gewees het.

Die artikel sal in die November/Desember-uitgawe van EngineerIT gepubliseer word en is reeds beskikbaar op die webwerf. Gaan na www.sarl.org.za en klik op voortplanting navorsing. Jy sal skakels na die artikel sowel as 'n verslag van die eerste ses maande vind.

** Lidlande van die Internasionale Telekommunikasie-unie het die verkiesing proses voltooi wat kandidate bevestig in die organisasie se vyf verkose poste, sowel as die 12-lede van die Radio Regulasies Raad en die 48-lede van die ITU Raad, die administratiewe liggaam wat die ITU bestuur tussen vierjaarlikse Gevolmagtigde konferensies. Dit het plaasgevind tydens die 19de ITU Gevolmagtigde Konferensie in Busan, Suid-Korea

Houlin Zhao van China was suksesvol in sy poging om die volgende sekretaris-generaal van die ITU te word. Hy was die afgelope agt jaar die Adjunk Sekretaris-generaal. Hy sal op 1 Januarie 2015 oorneem by Dr Hamadoun Touré, HB9EHT.

Malcolm Johnson van die Verenigde Koninkryk is as die ITU se nuwe Adjunk Sekretaris-generaal verkies.

François Rancy van Frankryk is vir 'n tweede termyn as die Direkteur van die ITU se Radiokommunikasieburo bevestig. Brahima Sanou, van Burkina Faso, die huidige direkteur van die Telekommunikasie Development Buro, is ook ook vir 'n tweede termyn onbestrede verkies en Chaesub Lee van Suid-Korea was die suksesvolle kandidaat vir die pos van Direkteur van ITU se Telekommunikasie Standaardisasie Bureau (TSB).

Jy luister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga en nou nog nuus van die liga

** Mis jy gelyk-golf? Daar is nog baie DX-stasies regoor die bande wat graag gelyk-golf werk. Die Suid-Afrikaanse Radioliga het 'n voorstel ontvang dat 'n informele net begin word vir mense wat gelyk-golf wil oefen. As jy belangstel, stuur vir ons 'n e-pos na artoday@sal.org.za met jou voorstel vir die dag van die week en die tyd. Miskien op 'n Saterdag of 'n weeksaand op 80 meter?

Die Suid-Afrikaanse Radioliga "geen trane boustel" word te koop aangebied. Nou dat alle RTAs van die Suid-Afrikaanse Radioliga vir 2014 plaasgevind het, word die "geen trane boustel" beskikbaar gestel vir algemeen verkoop. Dit is verpak met die RTA CD, wat al die konstruksie besonderhede in sluit. Die Geïsoleerde USB Send/ontvanger Beheer koppelvlak boustel is 'n ten volle geïsoleerde koppelvlak tussen 'n send/ontvanger en rekenaar. Dit bestaan uit 'n volledige USB na Serial module en 'n twee-rigting klank skakel tussen die klank-kaart en die ontvanger.

Die USB beheer koppelvlak ondersteun Icom CI-V, Kenwood en Yaesu CAT beheer poorte op huidige send/ontvangers. Visuele (LED) aanduiding van beheer data vloei tussen die rekenaar en radio en die PTT of GG status van die radio word aangedui. Die boustel is versoenbaar is met baie van die huidige generasies amateur send/ontvangers. Die koppelvlak bied 'n volledige skeiding tussen die ontvanger en die rekenaar, sowel as 'n volledige skeiding tussen beide funksies van die koppelvlak. Weerskante van die geïsoleerde USB Send/ontvanger Beheer koppelvlak kan onafhanklik van die ander kant bedryf word.

Die koste vir Suid-Afrikaanse Radioliga lede is R480 plus verpakking en versending via Postnet teen R120 of via die Poskantoor se ekono opspoorbare pakkie teen R50. Tans hanteer die Poskantoor nie die pakkies nie, maar dit word verwag dat in die volgende twee weke dit hervat sal word. Die koste vir nie-lede is R550 plus dieselfde verpakking en posgeld koste. Lees meer hieroor op www.amateurradio.org.za/RTA.htm. Die bestelvorm is ook op die webwerf.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone:
John Steyn, ZR6VS, en
Loupo Adi, ZSl1125

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die SARL Sekretaris voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin bereik. Lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga staan tans op 1 490 lede wat nie die nuwe geslaag RAE kandidate insluit nie; hulle sal ingesluit word van volgende week af. Daar is 34 geaffilieerde klubs.

** Die Port Elizabeth Amateuradiovereniging se HF Kompetisie sal op die lug wees op Sondag 9 November vanaf 00:00 tot 16:00 UTC. Dit is 'n foon kompetisie aktiwiteit op 20, 15 en 10 meter. Jou roepsein en RS verslag word uitgeruil. Jy kan deelneem as 'n enkeloperateur - basis of veldstasie of 'n multi-operateur - basis of veldstasie. Logstate moet teen 24 November 2014 aan die Port Elizabeth Amateuradiovereniging, Posbus 10402, Linton Grange, Port Elizabeth, 6015 of per e-pos aan contest@peham.co.za versend word. Blaai na bladsy 45 van die SARL Kompetisie Handleiding.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag en die Suid-Afrikaanse Radioliga se BHF/UHF Kompetisie is op die lug van 10:00 UTC op Saterdag 15 November en eindig 24 uur later. Die Nasionale Velddag is GG, foon en digitale werking op 160 tot 10 meter, terwyl in die BHF/UHF Kompetisie kan jy op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en selfs hoër werk. Jy kan GG, ESB, FM en digitale modusse op hierdie frekwensies gebruik.

Albei hierdie kompetisies is ideaal vir 'n klub uitstappie en kan selfs gekombineer word in een geleentheid. Begin met die beplanning van jou Klub naweek, kry die tente en karavane gereed en gaan die radio toerusting, antennas en batterye na. SARL-nuus is bewus van 'n aantal klubs wat vir die naweek sal kampeer.

Blaai na bladsy 18 (Nasionale Velddag) en bladsy 24 (BHF/UHF Kompetisie) van die 2014 SARL Kompetisie Handleiding vir die volledige reëls.

** Op die algemene jaarvergadering van die Bloemfontein ARC gehou op Saterdag 25 Oktober is die volgende komitee verkies. Portefeuljes sal toegeken word tydens die eerste vergadering.

Dennis Green, ZS4BS
Frans Marais, ZS4FM
Brendon Muller, ZS4BM
Pine Pienaar, ZS1ZB
André van Rensburg, ZS4APA

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak na laer vlakke gaan terugkeer. Al die klein sonvlekke wat tans sigbaar is, is stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 70.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met 'n goeie waarskynlikheid vir opwindende 10 m openinge. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Die dagboek van gebeure vir November

Vandag om 15:00 die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net op 7 070 kHz
3 en 4 November - CubeSat werkswinkel by die Bellville-kampus van CPUT
9 November - Herinnerings Sondag uitsending; PEARS HF Kompetisie
10 November - sluitingsdatum vir 2015-Kompetisie insette
11 November - Wapenstilstand Dag
15 en 16 November - die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag sowel as die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF en UHF Kompetisie
29 en 30 November - die CQ WW DX GG Kompetisie

Ons sluit vanmôre se bulletin met 'n vinnige terugblik op ons hoofstorie:

Die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net sal vanmiddag om 15:00 sentraal Afrika tyd op die lug wees op 7 070 kHz. Karel Bezuidenhout, ZR6K, sal die net gasheer wees.


Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Carina Green, en gelees deur ...................................................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003